OUDTSHOORN NUUS - 'n Graad 11 leerder van Langenhoven Gimnasium is aangewys as een van die kategoriewenners in 'n nasionale skryfkompetisie.
Refiloe Moshata is sowat twee weke gelede aangewys as die wenner van die nie-moedertaal-afdeling van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se Afrikaanse skryfwedstryd.
Haar kortverhaal oor 'n pizza-aflewering wat in 'n liefdesverhaal ontvou het, was een van die honderde skole-inskrywings wat jaarliks vir die kompetisie ingestuur word. Vanjaar was die eerste kompetisie waaraan Refiloe deelgeneem het.
Nog 'n Oudtshoorniet, Coen Basson, 'n finansiële adviseur, het 'n derde plek in die kategorie vir gepubliseerde skrywers losgeskryf.
Hy is 'n gereelde deelnemer aan die kompetisie en het reeds in die verlede onder die top drie geëindig.
Lees meer oor hierdie twee skrywers in Vrydag se Oudtshoorn Courant.
Coen Basson
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'