Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Brian (Basjan) Nieuwoudt is gisteraand by die Ghoema-toekennings aangewys as die wenner in die kategorie vir tradisionele musiek (boeremusiek) vir sy boeremusiekalbum, Tuisgemaak.
Hy het die aanvanklike opname in Mosselbaai saam met banjospeler, Fred Rheeder opgeneem.
Rheeder is in 2011 oorlede en Brian het die album alleen in 2017 by sy huis voltooi.
Benewens boeremusiek lewer Brian ook geestelike musiek en hy is deel van 'n uitreikingsgroep en deel van 'n orkes waarins sy seun ook speel.
Hy is ook 'n talentvolle skilder en storieverteller.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'