Dit was die woorde van Hennie Davel, voorsitter van die Oudtshoorn Dierewelsynsorganisasie (ODW) tydens die eerste AJV wat verlede Dinsdagaand by die Pearl of Oudtshoorn-hotel aangebied.
"Dit moet `n lewenswyse word om dieremishandeling en verwaarlosing te voorkom. Sodoende sal die algemene welsyn van diere kan verbeter," het Davel gesê.
Davel het `n oorsig gebied oor die ODW se werksaamhede, die organisasie se visie asook die suksesse wat in die kort tyd behaal is.
"Ons het baie goeie vordering gemaak oor die afgelope twee jaar, waarvan die aankoop van twee voertuie seker ons grootste suksesse was. Daarvoor het ons geweldig baie ondersteuning van die sakelui en gemeenskap ontvang," het Davel gesê.
Die ODW het in die afgelope jaar genoeg vordering gemaak om eie kantoorspasie te huur, `n diensleweringskontrak is met die plaaslike munisipaliteit gesluit en die organisasie word goed ondersteun deur sakelui.
"Die ODW is daar om te help en nie om mense na die hof te sleep nie. Hier is opvoedingswerk om te doen en baie verwaarloosde diere. Ons help die diere uit hul onmiddellike nood en help mense om beter na hul diere om te sien," het Davel verduidelik.
Daar was ook groot opwinding toe `n skenking van R940 van Louise Swift ontvang is. Swift verkoop Vollie Volstruise aan toeriste wat aandoen by haar gastehuis. Die toeriste neem dan foto's van die volstruise se wedervaringe en stuur dit, tesame met donasies wat Swift aan die ODW oorbetaal.
ODW personeellede tydens hul eerste AJV, van links: Joseph le Grange (inspekteur), Hennie Davel (voorsitter), Dave McKinnon (ouditeur - Lamprecht en Meyer), Charmaine Eloff (tesourier), Stephanie Swanepoel (bemarker - Sakestap) en Magda Davel (inspekteur). Foto: Jacques Swart
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'