OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn Ford het verlede week hul besigheid aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANB) beskikbaar gestel sodat inwoners van Oudtshoorn bloed kan skenk.
Meer as 50 eenhede bloed is geskenk en elke skenker het 'n gratis Wimpy-koffie ontvang.
Indien ander besighede belangstel om hul besigheid vir bloedskenkings beskikbaar te stel kan die SANB se webtuiste by besoek word of skakel hulle by 0800 119 031.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'