OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die bediening in die NG Sendingkerk gedurende die apartheidsjare was alles behalwe maanskyn en rose.
So sê ds. Jurie van Rooy, oud-predikant van die Oudtshoorn Verenigende Gereformeerde Kerk, voorheen die NG Sendingkerk Oudtshoorn.
Van Rooy het Saterdagaand 'n boek met die titel Voor ons Vergeet - sodat ons kinders ook kan weet, in die kerk bekend gestel, wat hy saam met nog twee ander oud-NG Sendingkerk leraars, dss. GD Cloete en Abe Boer, saamgestel het.
Die boek bevat die ervarings van 17 afgetrede predikante tydens hul bediening in die NG Sending- en Verenigende Gereformeerde Kerk.
Die raamwerk was die ou politieke bedeling wat rassediskriminasie toegelaat en as't ware goedgekeur het.
Die meeste van die gebeurtenisse het binne plattelandse gemeentes voorgekom, maar selfs binne die stadsgemeentes was daar soortgelyke optredes, veral met betrekking tot huishulpe.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'