OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn-munisipaliteit moet onderhoudwerk verrig op die pyplyn wat water vanaf die Raubenheimerdam na die dorp voorsien.
Toevoer na die dorp gaan noodgedwonge onderbreek moet word.
Die werk word beplan vir Donderdag 13 Augustus en die toevoer gaan van 08:00 tot 16:00 onderbreek word.
Dit is die lyn wat water voorsien aan die hoërliggende gedeeltes van Oudtshoorn-Noord, asook gedeeltes van Schoemanshoek.
Die res van die dorp, wat uit die Wesbank-reservoirs en Nuwe-Oos-reservoir voorsien word, behoort nie onderbrekings te ervaar nie.
Die munisipaliteit vra omverskoning vir enige ongerief.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'