OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit het 'n kennisgewing uitgestuur oor die noodherstelwerk van ‘n lekasie op een van die watertoevoerlyne van die Raubenheimerdam na Oudtshoorn.
Volgens hulle, word die herstelwerk tans onderneem en die toevoer na die dorp is afgesny.
Tydelike herstelwerk word gedoen om te poog om die water toevoer later vanmiddag te hervat.
Die permanente herstelwerk word dan vir Woensdagaand beplan. Dit gaan meebring dat die toevoer na die dorp vanaf 20:00 op Woensdag 1 Julie tot ongeveer 08:00 Donderdagoggend weer onderbreek gaan word.
Die areas wat geraak gaan word is die hoërliggende gedeeltes van Oudtshoorn-Noord asook inwoners in Schoemanshoek wat vanuit die ou lyn met water voorsien word.
Die res van die dorp, wat uit die Wesbank-reservoirs en Nuwe-Oos-reservoir voorsien word, behoort nie onderbrekings te ervaar nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'