OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Christelike Jeugforum (OCJF) het Sondag sy tweede reeks oudisies vir die 2018 Gospel-talentkompetisie in die Dysselsdorp-gemeenskapsaal gehou. Volgens die forum se projekbestuurder, Philip Seroux, was daar weer belowende kunstenaars met goeie talent.
"Die organisasie is baie trots om jong talent in ons gemeenskappe te ontwikkel en blootstelling te gee."
Die volgende reeks oudisies word Sondag 20 Mei, by die Buffelsdrift-kleuterskool gehou.
Die Zozo-orkes van Oudtshoorn wat by die oudisies van die Oudtshoorn Christelike Jeugforum gaan optree.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'