TUINROETE NUUS - Hoër Landbouskool Oakdale het 'n nuwe wiskunde-onderwyseres, Marizahn Landman, aangestel.
Landman is 'n bekwame wiskunde-onderwyseres wat reeds 10 jaar by Paarl Gimnasium onderwys gegee het.
Sy is bekend vir haar aangename persoonlikheid, lewenslus en omgee vir leerders.
Afgesien van haar onderrigprogram, het sy 'n besige buitemuurse program en sal ook in beheer wees van Oakdale-muurbal.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Klein Karoo nuus'