OUDTSHOORN NUS - Hendri Calitz is sedert 1 Februarie Eljada Kaïros Skool se nuwe adjunkhoof.
Hy het sy opleiding by die Universiteit van Potchefstroom voltooi. Na 10 jaar se onderrigloopbaan in Londen, het hy en sy gesin teruggekeer na Suid-Afrika, om hulle loopbane hier, naby hulle familie, voort te sit.
Calitz het in 2014 by De Hoop, Uniondale, skoolgehou en vandaar het hy by Hoërskool Uniondale aangesluit. In 2017 is hy na Oudtshoorn Vaardigheidskool.
Calitz is ook die voorsitter van die Vryburgers-diensorganisasie in Oudtshoorn. Sy vrou, Phoebe Calitz, oorspronklik van Rooirivier, De Rust, werk ook by Eljada-Kairos Skool as leerderondersteuneradviseur in die inklusiewe onderwysspan. Hulle het drie kinders, Hennie (10), Albie (7) en Johanie (2).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'