Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Leerders van De Villiers Primêre skool het vanoggend ter viering van Nasionale Onderwysersdag hulde gebring aan hul onderwysers.
Tydens die byeenkoms het die leerders hul opvoeders bedank vir passie in hul beroep en ook geskenke oorhandig as blyk van waardering.
As deel van die pret was al die onderwysers ook skooldrag van verskillende skole in Oudtshoorn uitgedos.
Twee opvoeders van dié skool, Lauren Pienaar en Shadwill May, het die prys vir die beste uitrustings ontvang.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'