OUDTSHOORN NUUS - Een persoon is lig beseer na sy in 'n ongeluk in Parkweg naby die skougronde betrokke was.
Na bewering het die vroulike bestuurder vanuit die skougronde se rigting gery toe sy beheer oor die voertuig op die nat pad verloor het.
Sy het oor die sypaadjie gery, 'n bord wat op die sypaadjie gestaan het getref en toe die muur van die huis langs 'n oop erf getref. Dit blyk dat die muur met die impak van die slag gebreek het.
Polisiebeamptes en 'n insleepvoertuig was op die toneel met die aankoms van die Oudtshoorn Courant.
Dit blyk of die vrou haar hand in die ongeluk beseer het. Geen verdere inligting is beskikbaar nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'