Die man is Sondag in hegtenis geneem nadat 'n meisie van die dorp dié klag gelê het.
Die netjies geklede amptenaar het voor die hofverrigtinge met sy prokureur, Christo van der Bergh van Oudtshoorn, onderhandel.
Die man is nie gevra om te pleit nie en die saak is uitgestel tot aanstaande Dinsdag, 25 Oktober, wanneer die amptenaar om borgtog aansoek sal doen. "Dit gee die staat genoeg kans om die saak te ondersoek," het Van der Bergh gesê.