Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Twee insittendes van 'n Toyota Camry is met 'n privaat voertuig hospitaal toe geneem nadat die Camry van agter teen 'n trekker vasgery het.
Die erns van hulle beserings is nie bekend nie.
Die ander twee insittendes en die bestuurder van die trekker is per ambulans hospitaal toe geneem, maar is slegs lig beseer.
Volgens mense op die toneel was die trekker se ligte aan toe dit getref is. Die slag het die trekker se regter agterwiel en 'n gedeelte van die as afgeruk. Die wiel en as het 'n ent verder aan die oorkant van die pad in 'n kanaal beland.
Die botsing het naby die Highgate volstruisplaas op die Volmoed-pad gebeur.
Kyk 'n video hieronder:
Die slag het die trekker se regter agterwiel en 'n gedeelte van die as afgeruk.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'