OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Twee lede van die Metro nooddienste en twee buitelandse toeriste is gisteraand omstreeks 22:00 in ‘n botsing op die grottepad beseer.
Die ambulans was in die rigting van die grotte onderweg om aandag te gee aan ‘n baba van twee maande toe dit reg van voor deur ‘n Nissan Almera getref is.
Volgens inligting op die toneel het die Nissan aanvanklik links van die middellyn gery, maar na regs geswaai toe die bestuurder die ambulans sien. Die ambulansbestuurder het die aankomende motor probeer vermy, maar die twee voertuie het mekaar reg van voor getref.
Die toeriste, wat vermoedelik van China kom, het beserings aan hulle onderlywe opgedoen en is na die Oudtshoorn hospitaal geneem.
Die bestuurder van die ambulans het beserings aan haar bene opgedoen en kon uit die voertuig gehaal word, maar ‘n deur moes deur nooddienstewerkers oopgedwing word om die ander paramidikus uit te haal. Hy het vermoedelik ‘n nekbesering opgedoen.
Kyk 'n video hieronder:
Een van die beseerde toeriste word na ‘n ambulans begelei.
Die ambulans na die botsing.
Die ongelukstoneel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'