DE RUST NUUS - Adri Odendaal, gemeenskapsmobiliseerder van Kansa se Oudtshoorn-tak, het onlangs ‘n mini-shavathon by De Rust Primêr vir Tekkie Tax gehou.
Tekkie Tax is 'n internasionale geldinsamelingsprojek wat jaarliks gehou word om geld vir ondermeer diere, opvoeding en kinders in te samel.
"Dankie aan juffrou Shandré Rhodes wat gehelp het om die dag te reël. En dankie aan almal wat tot dusvêr ondersteun het."
Diegene wat Tekkie Tax wil ondersteun en veters en ander items vir Tekkie Tax wil koop kan Odendaal by 072 133 0444 skakel.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'