Volgens Jessica Shelver, die woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, het die eerste skooldag by die meeste skole seepglad verloop en sien die WKOD uit na die skooljaar. Dit blyk dat ouers wat té lank gedraai het met inskrywings hulle teen vol skole vasgeloop het, maar volgens Shelver sal skole wat nog plek oop het die WKOD-distrikskantore in kennis stel en sal die WKOD help indien daar enige laat registrasies is.
Die Oudtshoorn Courant het Woensdag van die skole besoek en gaan loer hoeveel graad 1's in die Oudtshoorn-streek se skole is:
Graad 1 inskrywings by skole in Oudtshoorn het Woensdag soos volg daar uitgesien: Protea Primêr (50), Bongolethu Primary (ongeveer 123), Laerskool van Reede (117), Bergsig Primêr (209), Colridge Primêr (ongeveer 133), Sacred Heart (160), Jubilee Montessori Akademie (10), Pricipia Independent School (11) en Laerskool Wesbank (110).