OUDTSHOORN NUUS - 'n Me. Volrond-kompetisie word eersdaags, as geldinsamelingsprojek vir kinders met kanker, in Oudtshoorn aangebied.
Volgens Irene Innes, een van die organiseerders, word die kompetisie deur die Preston Adams Cancer Trust gehou.
"Brendon Adams se seun, Preston, was 10 jaar oud toe hy in 2016 met kanker gediagnoseer is. Hy het dit oorwin. Gedurende die hospitaalbesoeke het die Adams-familie ander ouers ontmoet wat dieselfde pad met hulle kinders stap, maar nie die geld het om vir behandeling te betaal nie. Die Trust is gestig om kinders wie se ouers dit nie kan bekostig nie, te help."
"Ons hou die kompetisie in verskeie dorpe in die Eden-distrik, waarna die groot kompetisie later in George gaan plaasvind."
Inskrywingsfooi beloop R30 per persoon en deelnemers kan getroud of ongetroud wees.
Die kompetisie vind op 30 Junie by die Greenside Restaurant by die Oudtshoorn gholfklub plaas. Belangstellendes wat nog wil inskryf kan Rodney Gelant by 066 229 0762 skakel.
Vir meer inligting oor die trust, skakel Irene Innes by 062 194 2788.
Inskrywingsfooi beloop R30 per persoon en deelnemers kan getroud of ongetroud wees.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'