Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit het vanjaar hande met Little Angels, 'n liefdadigheidsorganisasie in Oudtshoorn, geneem om Huis Triomf se opgradering te voltooi.
Hulle is besig om 'n pad na die ingang van Huis Triomf te bou, sowel as die gebou te verf, nuwe toilette te installeer en die slaapkamers mooi te maak.
Die projek gaan ongeveer twee weke duur en die munisipaliteit het personeel beskikbaar gestel om Little Angels te help.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'