OUDTSHOORN NUUS - 'n 26-jarige man is verlede week in hegtenis geneem na hy op 30 Julie by 'n woning in GG-kamp ingebreek het.
Volgens ao. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het die man na bewering die huis binne gegaan en die eienaar van die huis gegryp en aangerand.
Hy het R300 kontant sowel as die huiseienaar se Nokia-selfoon gesteel.
"Brig. Susanne Crafford het lede vir hulle goeie werk geloof."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'