"Ons het groot geskrik toe die trein vanoggend hier stop en ons weet ons moet tot middagete in die dorp deurbring," het 'n Duitse toeris en sy vrou op die stasie gesê nadat die groep hulle besoek aan die dorp afgehandel het.
"Ons was bang die dorp lyk soos die stasie, maar gelukkig was dit nie so nie, Oudtshoorn is 'n pragtige plek, maar die owerhede moet iets doen hier, dit lyk baie sleg."
Die groep is op 'n nege dae rit vanaf Pretoria na Kaapstad.
Die trein het vanoggend vanaf Port Elizabeth in Oudtshoorn aangekom en het weer om 13:00 vertrek en oornag vanaand in George.
Die luukse trein het 36 dubbelkamers, elk met 'n sitkamertjie en eie badkamer.
Volgens een van die waardinne word ekstra trokke bygevoeg soos benodig.
Sy wou nie sê wat die spesifieke rit per persoon kos nie, maar dit blyk dat gaste tussen R50 000 en R90 000 per persoon betaal - afhangende van die duur van die toer.

Die trein by die Oudtshoorn-stasie. Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'