OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit het vanjaar hande met Little Angels, 'n liefdadigheidsorganisasie in Oudtshoorn, gevat om Huis Triomf se opgradering te voltooi.
Little Angels het vroeër die jaar begin met die opgraderings, maar omdat daar 'n tekort aan mannekrag was het die munisipaliteit ingespring en gehelp.
Hulle het 'n geteerde pad na die ingang van Huis Triomf gebou, sowel as die gebou te verf. Hulle beoog ook nuwe toilette te installeer en die slaapkamers mooi te maak.
Colan Sylvester, burgemeester van die munisipaliteit, sowel as die raadslede het self ook die kwaste en harke gevat en gehelp.
Die projek gaan ongeveer twee weke duur en die munisipaliteit het personeel beskikbaar gestel om Little Angels te help.
Hulle het 'n geteerde pad na die ingang van Huis Triomf gebou.
ARTIKEL: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT JOURNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'