Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Little Angels, 'n liefdadigheidsorganisasie op Oudtshoorn, het verlede Donderdag koek en lekkergoedpakkies aan die kinders in die Buffelsdrift-omgewing uitgedeel.
Chantell van der Nest en haar man Marnus van BVSA Chartered Accountants & Financial Services, en ook die nuutste lede van Little Angels, het fondse verskaf om die dag vir die kinders moontlik te maak.
Die lede het vir ongeveer 50 kinders die lekkergoed oorhandig.
"Dit was vir ons 'n groot plesier om te sien dat so 'n klein gebaar so 'n groot verskil in die kinders se lewens maak," het Chantell gesê.
ARTIKEL & FOTO: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'