Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO'S - Die Leopardcrawl-fietswedren wat jaarliks deur Laerskool Wesbank aangebied word vind vandag, 18 Februarie, by die skoolterrein plaas.
Deelnemers sal onderskeidelik aan fiets-, draf- en prettrap items deelneem.
Hierdie wedren is die grootste fondsinsamelingsprojek vir die skool.
Oudtshoorn Courant het met Waldo Cloete, skoolhoof van Laerskool Wesbank gesels.
Die 13 km prettrap begin om 8:00 en die prettrap/stap 5 km begin om 9:15.
Die deelnemers wat aan die 13 km drafitem deelneem, het om 7:15 weggespring.
Fietsryers wat aan die 72 km fietswedren deelneem het om 7:00 weggespring. Yolandi de Villiers en ander bekende fietsryers was deel van die groep.
VIDEO: Leopardcrawl-fietswedren het begin
VIDEO: Fietsryers spring vroeg weg
VIDEO: Draffers spring weg
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'