Gallery
HEROLD NUUS - 'n Feestelike atmosfeer het Saterdag op die Herold Meander-plaas geheers waar die eerste Saksofoon-fees aangebied is. Plaaslike kunstenaars wat hul talent ten toon gestel het, sluit in die Eden Minstrels, Hoërskool George se orkes, Lynette Petersen en vriende, Melody 6, Kerwin Albertus, Ocean Breeze, die St. Barnabas orkes en G-Minor met Caleb Cupido.
Die plaaslike komediant Moses Williams was die seremoniemeester en het die gehoor lekker laat lag met sy skerp grappies.
Aan kos was daar ook nie 'n tekort nie, van heerlike roosterkoeke en afvalpotjie deur Enrico Appolis van Oom Bull's Principality tot tuisgebakte koekies en tert. Neil Carelse van Khoipispot op die Meander-plaas het gaste ook verras met sy kruie voetbad en - tee vir goeie gesondheid.
Garden Route-distriksmunisipaliteit was die hoofborg.
Die manne van Eden Minstrels.
'Ons bring jou die nuutste Herold, Tuinroete nuus'