Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Laerskool Wesbank het verlede Vrydag onthul dat hul leerderraad se Loekoe-lokaal onlangs 'n splinternuwe baadjie aangetrek het.
Die leerderderraadorganiseerder, Jacky van Tonder, het die borge bedank wat verantwoordelik was vir die nuwe laag verf, ligte, teëls en elemente teen die muur asook die houtspalke en bankies wat aangebring is.
Van Tonder beskryf die Loekoe-lokaal as 'n ondergrondse woud met die naam self wat al vir 25 jaar bestaan:
"Die Loekoe is as ware 'n spasie uitsluitlik vir die leerderraadlede waar ons elke Dinsdagoggend vergaderings hou en waar die lede ook vry is om gedurende pouses koffie te kom drink en springmielies te skiet. Op die oomblik bestaan die leerderraad uit 22 lede, 11 seuns en 11 dogters."
FOTOGALERY: Loekoe-lokaal kry nuwe baadjie
Die borge en leerders is na afloop van die formaliteite met heerlike verversings bederf.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'