CALITZDORP NUUS - Christolino Pêrel en haar suster, Eleanor Gysman, beide van Calitzdorp, is reeds bekende name in die Suid-Kaapse landboubedryf.
Tydens die Wes-Kaapse Prestige Agri-toekennings in 2023, het Pêrel ’n derde plek vir junior bestuur behaal. Sedertdien het die twee susters nie weer teruggekyk nie, en probeer hulle om verskeie produkte organies te kweek.
Dié dinamiese duo het 'n stuk grond van 'n weldoener ontvang waar hulle nou onder andere tiemie, knoffelsaad en spinasie kweek.
Hulle is veral trots op die nuwe soort knoffel, "elephant garlic" waarmee hulle eksperimenteer.
Lees die volledige berig in die week se Oudtshoorn Courant.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’