Gallery
OUDTSHOORN NUUSFLITS - 'n Groot groep inwoners van Ladismith het verlede Vrydag 'n optog na beweerde dwelmhuise in die gemeenskap gehou.
Volgens David Opperman, 'n lid van die kommitee wat die optog gereël het, het skole, kerke, nie-winsgewende organisasies en lede van die gemeenskap aan die optog deelgeneem.
"Ons het dit vooraf met die munisipaliteit en die polisie gereël. Ons as gemeenskap is net regtig moeg vir dwelmhandelaars in ons dorp.
"Die mense wat aan ons as vermeende dwelmhandelaars uitgewys is, is nie eers Ladismithers nie. Hulle kom ondermeer van Kaapstad en Oudtshoorn.
"Hulle maak ook van die minderjariges gebruik om die dwelms te verkoop, want hulle weet die kinders kan nie regtig iets oorkom as hulle met die dwelms gevang word nie."
Die groep het memorandums aan die smokkelaars oorhandig.
In die memorandum staan ondermeer: "Ons as die gemeenskap wat insluit skole, kerke, NGO's en ouers versoek dat u: Ons kinders en jongmense nie verder moet versterk in die gebruik van dwelms nie."
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
ARTIKEL: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'