OUDTSHOORN NUUS - Leerders van PJ Badenhorst Primêr het aan die Art-at-heart kunskompetsie van Cashbuild deelgeneem en drie medaljes verower.
Le Keacha October het 'n goue medalje ontvang met Aiden Wyers en Le Troi't Abrahams wat onderskeidelik silwer en brons losgeteken het.
Die skool is ook aangewys as die wenner van die 'Best dressed performing School' en pryse ter waarde van R15 000 losgeslaan.
Van links is die skoolhoof, Enrique Pietersen, Linda Felkers (onderwyser), Le Keacha October, Aiden Wyers, Le Troi't Abrahams en Lezille October (onderwyser).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'