Dr Anton Odendal van Riversdal bied dan die gewilde Flight for Birders-kursus vir die honderdste keer aan. Hy het reeds drie soortgelyke kursusse in die Suid-Kaap aangebied maar op grond van oorweldigende openbare belangstelling bied hy ook hierdie een aan.
Ter viering van hierdie mylpaal gaan Odendal ‘n aanbieding doen wat ten minste 1 600 foto’s en sketse insluit. Aan die hand van hierdie illustrasies gaan hy die subtiele verskille tussen verwante spesies gaan uitwys. Die voëlname word in Afrikaans en Engels verskaf sodat almal weet na watter spesie verwys word, want die algemene name kan nogal verwarrend wees.
Benewens identifikasie, gee Odendaal ook inligting oor waar skaars en endemiese spesies gevind kan word. Dit kan meehelp dat inwoners daartoe kan bydra dat die habitat van hierdie spesies bewaar word.
Die kursus is ontwikkel na aanleiding van voëlkyk-entoesiaste se versoeke om meer inligting te verskaf oor voëlspesies wat plaaslik voorkom en aan te dui waar die beste plekke is om hulle te sien.
Hierdie kursus sal fokus op voëlkyk-geleenthede in die Tuinroete in een van die nasionale parke en ander plekke in die omgewing. Met behulp van ‘n praktiese illustrasie sal Odendal veduidelik hoekom dit moeilik is om voëls in hierdie gebied te identifiseer.
Hy sal ook toelig wattter rol die publiek in die Wes-Kaap en veral langs die Tuinroete kan bydra tot toerisme wat op voëlkyk gerig is.
• Spesies wat eiers in ander voëls se neste lê
• Hoe berei ‘n mens voor wanneer jy vir die eerste keer ‘n nuwe voëlkykgebied besoek
• Toerisme gebaseer op voëlkyk en die rol wat dit in die Tuinroete kan speel
Saterdag 20 Mei
Die program fokus op die identifikasie van die klein bruin voëltjies (little brown jobs) wat op die oog af almal dieselfde lyk, asook roofvoëls, uile, algemene watervoëls en swaels wat in die Suid-Kaap oorwinter.
Die kursus kos R500, wat kursusmateriaal insluit. Deelnemers ontvang ook ‘n sertifikaat wat deur BirdLife South Africa onderskryf word.