OUDTSHOORN NUUS - Verskeie geestelike leiers, wat deel vorm van die Spiritual Crime Intervention Forum, het onlangs met die plaaslike polisie vergader om 'n strategie teen die stygende misdaad in Oudtshoorn te beplan.
Hierdie forum, is in September 2022 in Oudtshoorn tot stand gebring deur die polisie vanuit elke dorp.
Tydens die vergadering het die polisie bekendgemaak dat Oudtshoorn volgens statistieke derde lê wat gesinsgeweld betref.
"Die tyd om in die kerk te sit is verby; ons moet uitgaan. As mense se harte verander, kan ons ook hul omstandighede verander," ao. Jan Combrick gesê.
Vir die eerste kwartaal is daar beplan vir 'n Paasfees-padblokkade wat inwoners op 'n geestelike wyse sal ontvang en verwelkom.
Ranger Greber, projekbestuurder van die Spiritual Crime Intervention Forum, het tydens sy spreekbeurt bevestig dat daar heelwat geestelike projekte in die pyplyn vir die tweede en derde kwartaal is. Dit behels onder andere besoeke aan skole, besoeke in gemeenskappe, besoeke aan nagklubs, sjebiens, jeuguitreike sowel as mannekonferensies. Hieroor sal inligting later bekendgemaak word.
"Vir nou moedig ons 'n dorp aan om te begin bid. Net Jesus Christus kan 'n verskil en herstel in 'n dorp bring."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'