OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Munisipaliteit het gisteraand in samewerking met die Groter Oudtshoorn-sportraad, sy jaarlikse sporttoekennings by die banketsaal gehou.
Vanjaar was die 27ste keer dat hierdie sporttoekenningsaand plaasvind nadat dit vir die eerste keer in 1992 aangebied is.
Sowat 400 gaste en genomineerde sportlui het dié glansgeleentheid bygewoon.
Die burgemeester, Colan Sylvester, het in sy toespraak gesê dat sport se waarde in die samelewing nie onderskat moet word nie. “ Sport het die mag om mense te verenig.”
JD Glinisster en Yolande de Villiers was vanjaar onderskeidelik as Sportman en Sportvrou van die Jaar gekroon.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'