OUDTSHOORN NUUS - 'n Interim-bestuur is onlangs vir die Groter Oudtshoorn-sportraad gekies.
Die interim-bestuur het ook reeds met die bestuur van Eden-sportraad vergader om sekere aspekte rondom sport regulering uit te klaar.
Hierdie bestuur, onder voorsitterskap van Edith Joseph, het die versekering van die voorsitter van die Eden-sportraad gekry dat die Oudtshoorn-sportraad die volle ondersteuning van die Eden-sportraad het en dat dié raad die enigste instansie is met wie die Eden-sportraad en die Wes-Kaapse departement kultuur- en sportsake sal saamwerk rakende sportaangeleenthede in Oudtshoorn.
Klubs en skole moet by die Oudtshoorn-sportraad geaffilieer wees om sodoende finansiële ondersteuning vanaf die Oudtshoorn-munisipaliteit te ontvang wanneer hulle spelers aan interprovinsiale, nasionale en internasionale toernooie moet deelneem.
Hierdie bestuur is tans ook besig om reëlings te tref vir die algemene jaarvergadering van die sportraad wat op Maandag 21 Junie sal plaasvind.
Skole en klubs word dus versoek om met die Oudtshoorn-sportraad te affilieer aangesien die Oudtshoorn-sportraad die enigste instansie is met wie die Eden-sportraad saamwerk.
Die kennisgewing vir die algemene jaarvergadering sal teen 4 Junie in die media geplaas word tesame met ander relevante inligting. 'n Nuwe bestuur sal op 21 Junie verkies word.
Die interim-bestuur soos op 22 April verkies, is as volg:
- Edith Joseph (voorsitter)
- Gabriel Majolla (ondervoorsitter)
- Shirley Ewerts sekretaris)
- James du Preez en Jacobus Esau (addisionele lede)
Vir navrae kontak die interim-voorsitter Edith Joseph by 071 191 9802.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'