OUDTSHOORN NUUS - Twee inbrekers het hulle rieme styfgeloop toe hulle Sondagoggend op heter daad betrap is terwyl hulle inbreek.
Die polisie het Sondagoggend om 02:20 reageer op ‘n oproep vanaf Rooiheuwel dat daar moontlik op die perseel van die vorige Jam Street ingebreek word.
‘n Whatsappgroep wat deur boere gestig is, het ook die inbraak rapporteer.
Binne tien minute na die oproep was die polisie op die toneel waar die twee verdagtes in die woning betrap is.
Boere wat op die Whatsappboodskap reageer het, was ook binne minute op die toneel.
Die twee verdagtes van 26 en 19 is op ‘n klagte van huisbraak en diefstal in hegtenis geneem en verskyn vandag in die Landdroshof op Oudtshoorn.
Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn polisie, kan Whatsappgroepe wat korrek bestuur word, tot groot voordeel in die bekamping van misdaad gebruik word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'