TUINROETE NUUS - Tydens die suiwelkursus wat vir die gr. 11-leerders deur Robert Scott van Semex aangebied is, het leerders die kuns van kunsmatige inseminasie bemeester. Na die teoretiese eksamen moes hulle die praktiese KI-assessering op die plaas van die Van Greunen-broers op George gaan aflê.
Oakdale het besluit om twee van sy personeellede in die suiwelafdeling, Teswill Stephanus en Johannes Olckers, ook vir die kursus te stuur.
Albei het hul KI-sertifikate verwerf en Scott het hoë lof vir hulle gehad: “Ek glo hulle sal nou nog ’n groter bydrae tot die sukses van die suiwelafdeling op Oakdale lewer.”
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'