OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-polisie het Sondag 2 Mei, ‘n 28-jarige Nigeriese-burger vir die besit van dwelms gearresteer.
Volgens kapt. Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie het die polisie inligting ontvang van moontlike dwelms by ‘n woning in Bongolethu.
Lede van die misdaadvoorkomingseenheid het op die woning in 21ste Laan toegeslaan en deursoek. Daar is op 1 068 Mandrax-tablette met 'n straatwaarde van R64 000 afgekom.
Die verdagte het Maandag in die hof verskyn. Visser sê die waarnemende stasiebevelvoerder,kol. JJ Stripp het die lede bedank vir hulle werk en opnuut beklemtoon dat die bekamping van die besit en handel in dwelms steeds ‘n polisie-prioriteit is en dat dié misdaad nie geduld sal word nie.
Visser het ook gesê dat inligting wat deur die publiek gegee word die polisie van groot hulp is om misdaad hok te slaan.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'