OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die Oudtshoorn munisipaliteit het Vrydag tydens ‘n spesiale raadsvergadering besluit om die aanbring van ‘n pypleiding vanaf die Blossoms boorgate te implimenteer maar dat die aanvra van tenders en die aanstelling van ‘n kontrakeur uitgestel word tot 1 Oktober.
Die rede vir die vasstelling van genoemde datum is omdat reën en sneeu vir die volgende twee weke voorspel word wat ‘n beduidende invloed op die droogte situasie sal hê.
Op versoek van die ANC en Icosa is ook eenparig besluit dat ‘n besoek aan die Blossoms boorgate so spoedig moontlik gebring word omdat baie van hulle nog nie daar was nie.
Die raad het besluit op ‘n tweede opsie wat verlede week deur ‘n konsultant van Lyners and Associates/Umvoto aan die raad voorgelê is. Dit behels om die water vir ongeveer 4,1 km met die Kliprivier langs tot by ‘n watergat te bring waar ‘n pompstasie opgerig en die water vandaar na Oudtshoorn gepomp word.
Die koste hieraan verbonde is net meer as R80 miljoen – geld waaroor die munisipaliteit nie beskik nie en gewag word op aansoeke wat tot die Wes-Kaapse en nasionale regerings gerig is.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, as ook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'