OUDTSHOORN NUUS - Gesondheidspersoneel in Oudtshoorn het gemeenskappe gedurende Februarie besoek en gesels oor die voorkoms en voorkoming van seksueel oordraagbare infeksies (SOI's) en die belang van kondoomgebruik.
Een van die aanbiedings was aan sowat 200 werkers by die volstruisleerlooiery en die vere-afdeling.
Die Wes-Kaapsegesondheidsdepartement se gratis kondome is beskikbaar in alle gesondheidsfasiliteite asook by 'n groot aantal publieke areas.
Gehore is daarop gewys dat daar verskillende soorte seksueel oordraagbare infeksies voorkom.
Hulle het benadruk dat mense onmiddelik 'n gesondheidsfasiliteit moet besoek as hulle enige tekens of simptome van infeksies toon.
Die gevaar van MIV-besmetting as gevolg van onbeskermde seks is ook weer benadruk.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'