Die verskillende dienste wat Famsa Karoo aan gesinne in die groter Oudtshoorn lewer, is bekend gestel.
Individue en gesinne is aangemoedig om verhoudinge en gesinne te versterk deur van Famsa Karoo se dienste gebruik te maak.
Die hantering van vergifnis, woede, leemtes en verlies is aangeraak en kragtige persoonlike getuienisse is gelewer.
Daar is ook op die gevare, wat kinders op straat moet trotseer, gefokus. Kinders wat op straat werk, woon en bedel, het gewoonlik nie 'n sterk emosionele band met of gehegtheid aan een of beide ouers nie. Kinders op straat voel baie keer dat hulle beter af op straat is.
Dit maak hulle kwesbaar vir verskillende vorme van misbruik, waaronder fisiese, emosionele en seksuele mishandeling, maar ook dwelmmisbruik, vroeë skoolverlating, betrokkenheid by misdaad en bendes, asook kinderarbeid.
Ouers en versorgers word aangemoedig om lief vir hulle kinders te wees, hulle te aanvaar en die nodige versorging en ondersteuning te gee.
Me. Naomi Claassen, maatskaplike hulpwerker, verduidelik dat Famsa Karoo persone, wat met woede en verhoudingsprobleme sukkel deur middel van berading en ondersteuning kan bystaan.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'