Gallery
OUDTSHOORN NUUS - 'n Gesin van 10 het vandag, 23 Januarie, al hul besittings in 'n brand verloor.
Die brand het in hul opslaanhut in Lelieweg onderkant Bersig Primêre Skool ontstaan waarna dit na die hoofhuis op die erf versprei het.
Die brand het veral groot skade aan die hoofhuis se kombuis en sitkamer aangerig. Die opslaanhut is tot op die grond afgebrand.
Volgens een van die bewoners van die opslaanhut Moveen De Laan, het een van haar familielede die brand in die opslaanhut glo met opset gestig.
"Dis die tweede keer dat ons woning aspris aan die brand gesteek word en ons was ook gister gedreig dat ons uitgebrand gaan word. Hoe begin 'n mens elke keer oor? Ons het letterlik alles wat ons besit met klere en te al in die brand verloor," het 'n emosionele De Laan aan die Oudtshoorn Courant vertel.
FOTOGALERY: Gesin verloor als in brand
Volgens De Laan het die verdagte onmiddelik na die brandstigting weggehardloop.
Die Oudtshoorn-brandweer was volgens omstanders blitsvinnig op die toneel, wat verhoed het dat die hoofhuis verdere skade opdoen.
Niemand is tydens die brand beseer nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'