Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die gedenkbeeld wat ongeveer 25 jaar op die middelmannetjie in Baron van Reedestraat staan is vanoggend tydelik deur die munisipaliteit verwyder na hy vermoedelik deur 'n swaar voertuig gestamp is.
Alhoewel die beeld net effe kant toe geskuif het en nie beskadig was nie, is daar besluit om hom te skuif om te voorkom dat 'n swaar voertuig hom heeltemal stukkend ry.
Die gedenkbeeld sou op 'n ander plek in dieselfde straat neergesit geword het.
Die beeld het egter gegly en 'n deel van hom het afgebreek toe Munisipale werkers dit met kettings hys.
Kyk 'n video hieronder:
Volgens Hazel Jonker van Heritage Oudtshoorn, is die beeld ongeveer 25 jaar gelede deur die munisipaliteit en Bewaringskommitee opgerig toe daar besluit is om die pad te verbreed. Met die heropening van die straat was daar 'n groot seremonie waar die beeld ook onthul is.
Die beeld is deur 'n Belg, Wynand Festraets, uit sandsteen gemaak en die bronsplate is ook deur hom gegiet.
Die foto's hieronder is deur Liezl van Nieker geneem.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'