CALITZDORP NUUS - ‘n Ma van drie kinders van Calitzdorp, wat saam met twee medebeskuldigdes aan roof met verswarende omstandighede skuldig bevind is, is Woensdag in die Oudtshoorn-streekhof vir lank tronk toe gestuur.
Simoné Karelse (29) is saam met Geano Hess en Roland Meiring daaraan skuldig bevind dat hulle die aand van 6 Oktober 2018 die 16-jarige Niklaas Anta met ‘n mes gedreig en van sy ma se selfoon ter waarde van R800 beroof het.
‘n Vierde verdagte, Sabramay Valloo, is net aan gewone aanranding skuldig bevind, omdat hy Anta geklap het.
Streeklanddros Ntsoki Moni, het bevind dat daar wel wesenlike en dwingende omstandighede bestaan om af te wyk van die voorgeskrewe vonnis van 15 jaar en Karelse, Hess en Meiring elk tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis.
Hulle is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.
Valloo is berispe en ontslaan.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'