KLEIN KAROO NUUS - Hoërskole word aan Artscape en Suidoosterfees se dramafees vir hoërskole herinner en het nog tot Vrydag 20 Augustus geleentheid om in te skryf.
Die finale beoordeling vind op 8 en 9 Oktober in Kaapstad plaas waar die ses topinskrywings in die Arena by Artscape vir finale beoordeling opgevoer word.
Daarna word die beste akteurs, regisseurs en skrywers tydens 'n toekenningsgeleentheid aangewys.
Die wendrama se geselskap sal uitgenooi word om hul produksie tydens Suidoosterfees 2022 op die planke te bring.
Om deel te neem moet skole ’n produksie van 30 tot 60 minute voorlê wat handel oor sosiale uitdagings waarmee hedendaagse skoliere te doen kry. 'n Uittreksel van tien minute uit die toneelstuk moet as 'n oudisievideo voorsien word, tesame met 'n opsomming en motivering vir die tema wat gekies is.
Skole wie se inskrywings suksesvol is sal teen Woensdag, 25 August ingelig word.
Vir meer inligting en om inskrywingsvorms te kry, kontak asseblief vir Tania Williams-Kaponda by slu@artscape.co.za
Skole wie se inskrywings suksesvol is sal teen Woensdag, 25 August ingelig word.
Foto's verskaf.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'