Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die Ek is Oudtshoorn-inisiatief het vandag in samewerking met die munisipaliteit, bykans 70 koorsbome in verskillende dele van Oudtshoorn geplant.
Dit is deel van die Trees of hope-projek wat beplan om honderde bome in die dorp te plant.
Die bome is met donasies van lede van die besigheidskamer en fondse van die munisipaliteit aangekoop.
Lede van die publiek of enige organisasie wat graag ‘n bydrae wil maak om nog bome vir die dorp aan te koop kan geld aan die besigheidskamer skenk deur die volgende rekeningnommer te gebruik:
- Rekening naam: Oudtshoorn Besigheidskamer
- Bank: ABSA Oudtshoorn
- Takkode: 632005
- Rekening nr: 4057514616
- As verwysing gebruik die woorde Trees of hope.
Kyk 'n video hieronder:
Dit is deel van die Trees of hope-projek wat beplan om honderde bome in die dorp te plant.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'