OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit moet onderhoudswerk verrig op die pyplyn wat water vanaf die Raubenheimderdam na die dorp voorsien.
Volgens 'n verklaring, sal watertoevoer na gedeeltes van Oudtshoorn onderbreek moet word.
Die werk word beplan vir môre, Donderdag 10 September en die toevoer gaan van 08:00 tot 16:00 onderbreek word.
Volgens die verklaring, is dit die lyn wat water voorsien aan die hoërliggende gedeeltes van Oudtshoorn-Noord, asook gedeeltes van Schoemanshoek.
Die res van die dorp, wat deur die Wesbank-reservoirs en Nuwe-Oos-reservoir voorsien word, behoort nie onderbrekings te ervaar nie.
Die munisipalieit vra verskoning vir enige ongerief.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'