KAROO NUUS - Die produksie Afval, word tydens die KKNK, by die Wesbank-teater opgevoer. Vervaardigers, Gita Fourie en Jean du Plessis, het hierdie komedie die lig laat sien.
Die akteurs in die produksie is Mia van der Merwe, Graeme Watson, Gita Fourie, Minke Marais, Jean du Plessis, Nichola Viviers, Damian de Villiers en Trompie Booysen.
Hierdie toneelstuk gaan oor die Van der Merwes; hulle lyk op die oog af soos 'n doodnormale, middeljarige paartjie. Daar is wel net een kinkel in die kabel, Johan van der Merwe is 'n reeksmoordenaar.
Elsa en Johan word onkant gevang wanneer hul dogter haar nuwe kêrel, Hugo, onverwags een Sondagmiddag by die huis aanbring en een van Johan se slagoffers ontsnap. Hugo besef vinnig als is nie pluis by sy aanstaande skoonouers nie.
Daar is ongelukkig 'n ouderdomsbeperking, en word kinders onder 16 nie toegelaat nie.
Skakel die vervaardiger, Gita Fourie, by 062 332 2104 vir meer inligting.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’