CALITZDORP NUUS - De Krans-wynkelder op Calitzdorp se 2019 Muscat de Fontignan is op 4 Oktober met 'n platinumtoekenning vereer.
Dié platinumtoekenning is een van slegs 13 uit meer as 2 000 inskrywings vir die jaarlikse Michelangelo International Wine Awards. 'n Paneel van 24 internasionale en ses Suid-Afrikaanse beoordelaars kies jaarliks die beste wyne in Suid-Afrika.
Die Michelangelo-kompetisie is die grootste in Afrika en om 'n platinumtoekenning te ontvang moet 'n punt van 96 uit 'n moontlike 100 behaal word.
Twee kelders in die Klein-Karoo is met goue medaljes vereer; Grundheim-kelders vir hulle Gin en Rum en Calitzdorp Kelders waar drie wyne goud verdien het.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Klein Karoo nuus'