CALITZDORP NUUS - De Krans-wynkelder in Calitzdorp het pas nog goue medaljes toegevoeg tot hul medaljes vir 2017.
Die Cape Vintage Reserve 2014 het op 6 Oktober dubbelgoud verower tydens die 2017 Veritas Wynskou. De Krans het ook weggestap met twee goue medaljes vir onderskeidelik die Cape Tawny Limited Release NV en die Cape Vintage Reserve 2015.
In September vanjaar was hierdie port ook die wenner van 'n goue medalje by die Michelangelo Internasionale Wyn en Spiritus-toekennings.
Vroeër vanjaar is dit benoem as een van SA se Top-100-wyne en het dit ook 'n Dubbel-Platinum toekenning ontvang by die 2017 National Wine Challenge. Die Cape Vintage Reserve 2014 was een van 1638 wyne wat vanjaar by hierdie kompetisie ingeskryf is. Slegs 71 dubbelgoue en 193 goue medaljes is toegeken.
Die Veritas-kompetisie is een van Suid-Afrika se oudste en mees gesaghebbende wynkompetisies, wat deur van die land se topwynkenners beoordeel is.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'