PRINS ALBERT NUUS - Die DA in Prins Albert het die afgelope Saterdag geen geheim daarvan gemaak dat hy die munisipale raad met 'n volstrekte meerderheid wil oorneem nie.
Dit is omdat koalisiebestuur onstabiliteit veroorsaak en selde tot voordeel is van 'n dorp en gemeenskap.
Dit was die boodskap van die speaker van die raad, Stoffel Botes, en die waarnemende burgemeester, Linda Jaquet (albei DA), aan Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, en Sharna Fernandez, LUR vir maatskaplike ontwikkeling, wat die dorp Saterdag besoek het.
Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn
Van links is Stoffel Botes (DA-speaker), Aubrey Swanepoel (DA-streekverteenwoordiger), Sharna Fernandez (LUR, maatskaplike ontwikkeling), Anton Bredell (LUR, plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning) en Linda Jaquet (DA, waarnemende burgemeester). Foto: Marlene Malan
'Ons bring jou die nuutste Prins Albert, Klein Karoo nuus'