OUDTSHOORN NUUS - Beste matrikulante, na 12 jaar se ywerige skoolopleiding het julle uiteindelik die laaste deel van hierdie reis bereik. Welgedaan aan almal van julle wat tot op hierdie punt volgehou het. Welgedaan aan julle almal.
Baie geluk aan almal van julle wat vandag uitslae ontvang en wat geslaag het. Vir diegene wat dit nie heeltemal hierdie rondte gemaak het nie, onthou dat jy nog 'n geleentheid het om hierdie doelwit te bereik as jy volhard en jouself toepas.
Na matriek sal baie van julle by tersiêre instellings ingaan. Maak gebruik van al die geleenthede wat tot jou beskikking is by universiteite en kolleges om jou vir die arbeidsmark voor te berei. Aan die van julle wat direk die arbeidsmark betree, alles van die beste en onthou julle betree nou die volgende fase van julle reis na 'n suksesvolle loopbaan en volwassenheid.
Ons is baie trots op die Wes-Kaap se 81,54% slaagsyfer en die 50 520 leerders wat die eksamen geslaag het. Welgedaan! Julle kan julself op die skouer klop. Ons opregte dank aan al die opvoeders en ouers wat deur die jare ‘n reusebydrae gemaak het tot elke leerder se pad tot hier.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’